's-Hertogenbosch

's-Hertogenbosch

Den Bosch
Frans:Bois-le-Duc
Duits: Herzogenbusch
Spaans: Bolduque
Italiaans: Boscoducale
Stad
Vlag van 's-Hertogenbosch
Vlag
Wapen van 's-Hertogenbosch
Wapen
Koördinate: 51°41′N 5°18′O / 51.683°N 5.300°O / 51.683; 5.300
LandVlag van Nederland Nederland
ProvinsieVlag van Noord-Brabant Noord-Brabant
Regering
 • burgemeesterJack Mikkers (VVD)
Oppervlak
 • Totaal39,98 km2 (15,44 vk. myl)
 • Land36,38 km2 (14,05 vk. myl)
 • Water3,60 km2 (1,39 vk. myl)
Bevolking
 • Totaal137 777
 • Digtheid2 522/km2 (6 530/vk. myl)
Webwerfwww.s-hertogenbosch.nl

's-Hertogenbosch (ˌsɛrtoːɣənˈbɔs ) (letterlik 'Die hertog se Bos'), (plaaslik) in die omgangstaal bekend as Den Bosch, is die hoofstad van Noord-Brabant, een van die drie suidelike provinsies van Nederland. Dit is in die suide van die land geleë, ongeveer 90 km suid van Amsterdam.

Die munisipale gebied van 's-Hertogenbosch het ’n oppervlakte van 91 km² en sowat 141 000 inwoners (2011) en omvat die stad 's-Hertogenbosch en die omliggende dorpies Bokhoven, Empel, Engelen, Hintham, Kruisstraat, Meerwijk, Orthen, en Rosmalen. Die munisipaliteit maak deel uit van die stedelike netwerk BrabantStad.

's-Hertogenbosch is volgens oorlewering in 1185 gestig deur hertog Hendrik I van Brabant by die sameloop van die Aa en Dommel, wat tans saamkom by die burg in die stad. Dit is een van die vroeë Middeleeuse stede van Nederland.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search